2015-04 Trip Swaziland Zululand – Dag 11

Dag 11 – huistoe

Al wat nou oorbly van die trip is die rit huistoe. Ek het juis so beplan om op die Paas-Sondag terug te ry, want ‘n Maandag na so ‘n naweek op die enkellaan pad Gauteng toe is nie mooi nie.

Ons is vroeg op en lawaai sommer aspris met die pale en wegpakkery, spesiaal vir die lawaai GP groepie wat 2 oggende alreeds vir ons ontsier het. Hulle kom druipstert uit die tente, met kyke wat stories kan vertel. Lyk of hulle ook nie uitgaan see toe met die boot nie.

Die oppak vat elke keer lank en ons so ietwat voor 7 by die oord se hek uit. Dis ‘n lang pad vir die dag.

Die pad is darem heel stil en ons koop koffie by Hluluwe se garage-kompleks op die N2. Die dorpe gly verby en ons stop op Piet Retief om sommer padkos te knibbel. Verder vorder ons oor Ermelo, Middelburg en die res van die meer bekende pad tot by die huis.

Nie die beste trip wat ons al gedoen het nie, maar ons sal weer in Swaziland en ander plekke van Zululand gaan kuier.

201504051

Kliek hier vir opsomming…

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *