2016-12 Swellendam & Grootbrakrivier – Dag 10

Vandag is weereens ‘n baie rustige dag en ons doen so min moontlik.

Ons ry uit na Dwarswegstrand en Glentana. By Dwarswegstrand word ons gelukkig toegelaat om vinnig deur die kamp te ry en hy is behoorlik vol. Later sou ek navraag doen oor tariewe vir 2017 en sou die mense my meedeel dat Desember 2017 alreeds vol bespreek is. Moeilik om te glo, maar ek lei maar af dat hier dalk ‘n lojaliteitskema is wat nuwe toetreders uitwerk.

Vir aandete is ons lus vir ‘n lekker stokvis en skyfies, soos mens uit noodsaak by die see moet proe. Besluit op “The Fish Bone” restaurant in die hoofstraat. Die diens is aanvanklik flink, maar die kos vat op die ou end bitter lank om by die kombuis uit te kom. Daar is heelwat wegneem bestellings ook, maar die kombuis se tempo sukkel erg. Nietemin smaak dit nie te sleg nie en die kleingoed is op die ou end behoorlik moeg en geirriteerd om in die bed te kom.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *