2016-12 Swellendam & Grootbrakrivier – Dag 2

Die kamp by Karoo Nasionale Park raak vroeg bedrywig soos almal aanstaltes maak vir hulle volgende bestemmings. Ons kom ook aan die gang en oppad park uit groet ‘n paar koedoes, volstruise en blesbokke.

Ek besluit op die roete wat meestal R62 behels deur die Meiringspoort en die Klein Karoo. Nie lank nie en ons moet eers stil hou by Boeteka padstal vir ‘n cappuccino en ander lekkernye. Dis omtrent ‘n interessante plek.

Ons bereik Meiringspoort en ons stap op na die waterval om die kinders te wys. Sommige jongmense is braaf genoeg vir ‘n swem in die waterval se yskoue poel. De Rust het ook ‘n spoedlokval soos mens die dorp binnekom. Ons besluit op brunch by De Rust se Blue Swallow restaurant en dit smaak heerlik.

Die res van die dag raak ook ‘n lang rit verby Oudtshoorn, Calitzdorp, Ladismith en Barrydale. Ons bereik Kam’Bati so teen 15:00 en dis ‘n pragtige oord met lieflike gras. Met dinge by ontvangs afgehandel gaan maak ons kamp staan. Die staanplekke is nogal skuins en dit vat die hoogste trappie van die wieltrap om die karavaan waterpas te maak staan. ‘n Ligte windjie waai – net lekker, nie koud of te warm nie.

Met kamp opgeslaan braai ek iets kleins en ons eet heel lekker. Ons kom ook nie laat tot rus nie.

Kliek hier vir dag 3…

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *