2016-12 Swellendam & Grootbrakrivier – Dag 3

Na al die ryery van die laaste 2 dae, wil ons vandag nie te wyd kuier nie en besluit om Bonnievale te gaan sien. Mammie het jare gelede saam haar gesin ‘n kaasfabriek hier besoek en ons wil kyk of ons dit ook jan sien.
Dis ‘n kort rit deur prag landskappe oppad Bonnievale toe. Pragtige wêreld. Ons kom aan op die mooi dorpie en wil hier iewers sit vir ‘n koffie. Die Mooivallei kaasfabriek lyk op die oog af nie juis ‘n besoek werd nie, maar ons kry darem die Parmalat fabriekswinkel op die dorp. Kaas is tikkie goedkoper as wat ons gewoond is en allerande ander lekker dinge kom ook saam deur die kassiere tot in die inkopiesak.
Nou mik ons vir Swellendam om proviant aan te vul. Dis weereens pragtige berge en natuur tot in die prag historiese dorp. Ons spoor die Checkers op in ‘n pragtige sentrum en tot die kinders se misnoë word daar inkopies gedoen vir die volgende paar dae.
Terug in die kamp het ons nuwe kampbure aan beide kante van ons staanplek. Ons gaan swem met die kinders en hulle geniet hulle gate uit. Die wind waai by tye redelik sterk. Die kinders maak maats in die kamp en dit word ‘n gekuier en gespeel soos jy nie kan glo nie. Ek maak vuur en ons braai ‘n lekker happie vir aandete. Weer kom ons nie baie laat in die vere nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *