2016-12 Swellendam & Grootbrakrivier – Dag 7

Ons drink vinnig ‘n koffie en haak by Kambati. Kom stadig aan die gang en sleep stadig uit die kamp en sy paar km grondpad na die N2 om Ooswaarts te draai. Dis nog vroeg en die pad gelukkig nie baie besig nie. Swellendam se amptenare is alreeds besig met spoedlokvalle en ons sleep rustig verder. Heidelberg tik verby en by Riversdal hou ons stil vir koffie sommer by KFC waar mens maklik kan stilhou met die karavaan.
Dan nog ‘n entjie voor ons Mosselbaai se verbypad neem, verby sy voorstede en die ruk later die afrit neem vir Grootbrakrivier. Ons bereik die kamp en handel sake af in die kantoor. Bennie neem ons tot by ons staanplek en ons maak die wa staan op sy plek om die tent opslaan aan te pak vir die volgende 2 weke se bly. Die lieflike groen gras onder mens se voete is ‘n fees. Met alles opgeslaan sit ons eers ‘n rukkie en later is ons see toe om te gaan hallo sê. Dis ‘n Saterdag en die strandarea heel besig. Die kinders is in ekstase en klere word nat van seewater speel.
Terug in die kamp steek ek vuur aan en ons braai heerlik. Die is nou rustigheid!
.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *